Ik las net het onderstaande bericht in de Republikein.
GROEP jong Nederlanders gaan Maandag duisende kilometers van waar vigswesies van die Sekondêre Skool Rundu in die Kavango spook om liggaam en siel aanmekaar te hou, met hongerstaking begin wat hulle hoop geld vir die Rundu-kinders sal laat inrol.
Leerlinge aan die Anna van Rijn Kollege in Nieuwegein, Nederland, gaan van sesuur Maandagmiddag tot sesuur Dinsdagmiddag nie nat of droog oor hul lippe neem nie.
Nieuwegein is Rundu se tweelingdorp in Europa en leerlinge van die Anna van Rijn Kollege korrespondeer reeds 'n geruime tyd met leerlinge van die Sekondêre Skool Rundu.
Uit die briefwisseling kon die Nederlanders agterkom hul maats op Rundu het dit nie breed nie. Hulle is ook erg aangegryp deur verhale wat vertel van die lot van die vigsweeskinders in dié Namibiese skool.
Mnr. Bert Eggink, lid van werkgroep in Nieuwegein wat hom besig hou met die behoeftes van Rundu en sy inwoners, het die hongerstaking help reël.
Die geld wat ingesamel word, sal aan die voorsitter van die Rundu-werkgroep, mnr. Paul Andela, oorhandig word. Hy sal op sy beurt toesien dat die geld gebruik word om vigswesies se skoolgeld te betaal en vir hulle skooluniforms te koop. Dit sal ook aangewend word om vir hulle kos te koop.
Volgens mnr. Eggink is die Anna van Rijn Kollege die eerste instelling in Nieuwegein wat besluit het om by die stryd teen MIV/vigs op Rundu betrokke te raak.
Hy sê hy is vol vertroue dat ander Nieuwegeiners binnekort die skool se voorbeeld sal volg.
Die slagspreuk wat die Anna van Rijn Kollege vir sy geldinsamelingspoging gebruik, lui: “Ons gaan skool, daarom moet hulle ook kan.”
Wil je meer weten kijk op www.annavanrijn.org het contact persoon op school is Muriël Jansen of met de werkgroep Rundu in Nieuwegein dhr. Paul Andela
030-6048790. Ik ben nog bezig met een rekeningnummer te achterhalen misschien dat we een bijdrage kunnen leveren??
Martin