Beste reizigers,
vorige week is er een polio uitbraak geweest in Namibië. Namibië is net als Botswana jaren lang poliovrij geweest maar het virus is nu waarschijnlijk via Angola weer binnen gekomen. De regering is met een massief inentingsprogramma begonnen en heeft zo te zien alles onder controle. Als je binnenkort vertrekt naar Namibië check dan ff met de GGD of je inentingen op orde zijn. Ik heb onderstaand bericht uit de Republikein van 07juni.
Ent teen polio!
? Wilde polio-virus (Tipe I) gevind ? Sewe dood, 34 siek ? Elke Namibiër geïmmuniseer
NAMIBIë se gesondheidsowerheid gaan in die volgende dae ononderbroke werk om dadelik massiewe inentingsveldtog teen polio van stapel te stuur.
Elke Namibiër ? oud en jonk ? gaan teen dié gevreesde en dodelike siekte ingeënt word.
Voorlopige berekenings wys dit kan Namibië tot N$40 miljoen en meer kos om seker te maak die grootskaalse polio-uitbraak kring nie wyer nie. Dit kos die land jaarliks N$7 miljoen om 350 000 kinders onder die ouderdomme van vyf jaar hierteen in te ent.
Polio het teen gister reeds sewe lewens geëis en 34 mense weens verlamming in afsonderingseenheid in die staatshospitaal in Katutura laat beland. Dit beteken die sterftesyfer dusver is 20 persent.
Die jongste slagoffertjie van die siekte is jonger as vyf en die oudste een 76 jaar. Die oorgrote meerderheid van aangemelde poliogevalle is tussen 24 en 29 jaar oud.
Aangesien genoeg hoeveelhede orale poliovaksienne (OPV) nie plaaslik beskikbaar is nie, het die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste reeds die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) en agentskappe van die Verenigde Nasies (VN) om hulp genader.
Die ander soort entstof wat moontlik gebruik kan word, is IPV. Dit word deur inspuiting toegedien. Teen laat gistermiddag was dit nog nie bekend watter een van die twee immuniseringsmetodes die Ministerie gaan gebruik nie.
Die WGO en die VN se Kinderfonds (Unicef) was gister teenwoordig toe dr. Kalumbi Shangula, die Ministerie se permanente sekretaris, dié grootskaalse uitbraak amptelik afgekondig het.
Volgens hom wys voorlopige laboratiumtoetse Namibië het te kampe met wilde polio-virus (in hierdie geval tipe I).
Die immuniseringsveldtog gaan uit eie sowel as skenkerfondse gefinansier word, sê me. Maggie Nghatanga, direkteur van primêre gesondheidsorg in die Ministerie. Sy was teen laat gistermiddag nog besig om die begroting te finaliseer. Volgens dr. Shangula gaan elke inwoner in die land, ongeag sy of haar immuniseringsrekord, poliodruppels ontvang. Dié mense wat reeds siek is, kan nie genees word nie. Hulle simptome kan wel behandel word, sê hy.
Die sewe oorledenes is dood nadat komplikasies ingetree het. Die gevaarlikste komplikasie is asemhalingsnood. Aangesien die poliovirus die senuweestelsel aantas en verlamming bring, kan mense later nie meer self asemhaal nie. Die enigste manier om verdere besmetting te voorkom is om die hele bevolking voorkomend te immuniseer.
Dr. Shangula het Namibiërs gister gemaan om kalm te bly en hulle samewerking te gee. Hy het gewaarsku dat die siekte versprei wanneer mense nie goeie higiëne aan die dag lê nie.
Die poliovirus leef in die keel en ingewande van besmette mense. Ander steek aan wanneer hulle op die een of ander wyse in kontak kom met die ontlasting van besmette mense. Die virus dring die liggaam deur die mond binne. Dit word van hand na hand oorgedra, asook deur eetgerei wat hanteer word deur besmette mense wie se hande nie gewas is nie.
Intussen waarsku die wêreldwye polio-uitwissingsinisiatief op sy webwerf (www.polioeradication.org)dat Namibië nie oor die kapasiteit beskik om binne vier weke nadat polio-geval aangemeld is, massa-inentingsveldtog in werking te stel nie. Só veldtog moet van huis-tot-huis kan geskied.
Luidens dié webwerf het die WGO in 2003 afgekondig dat lande sodanig gerat moet wees dat hulle binne vier weke miljoene mense kan immuniseer sou daar uitbraak kom.
www.republikein.com.na