Dit lees ik vanochtend in die Republikein,

SOWAT 1 200 leerlinge aan hoërskool in Nederland gaan op 22 Desember wys die lot van vigswesies in Afrika lê hulle na aan die hart wanneer hulle deur allerlei aktiwiteite sal geld insamel vir kinders op Rundu wie se lewe deur dié siekte geraak is.

Die leerlinge aan die Anna van Rijn Kollege in Nieuwegein in Nederland het in Januarie vanjaar na vigswesies op Rundu uitgereik. Nieuwegein en Rundu is tweelingdorpe en die leerlinge aan die hoërskole op dié dorpe korrespondeer gereeld met mekaar.

Met die vorige uitreiking het die Nederlandse leerlinge altesame N$85 000 ingesamel deur vir 24 uur lank wakker te bly en borgskappe daarvoor te vra.

Op 22 Desember gaan hulle by die skool aktiwiteite aanbied wat geldelik deur die sakegemeenskap op die dorp ondersteun sal word.

Die onderwysers het reeds vir die leerlinge voorbeeld gestel deur in gelyke waarde dít wat hulle van hul leerlinge as Kersgeskenke ontvang het, in fonds te stort. Die totale waarde van hulle Kersgeskenke was N$12 800.

Mnr. Bert Eggink, hoof van die Rundu-werkgroep in Nieuwegein, sê die besluit om op 22 Desember weer eens vir Rundu se vigswesies geld in te samel, is op Wêreldvigsdag tydens geselligheid in die hospitaal op dié dorp, die St. Antonius Ziekenhuis, bekend gemaak.

By die geleentheid is vigsboodskappe van die hospitaalhoofde van die hospitale op Rundu en Nieuwegein voorgelees, tesame met spesiale boodskap van die koördineerder van die vigsveldtog op Rundu, me. Annastasia José.

Die geld wat die leerlinge beoog om in te samel, sal aangewend word vir die opvoedkundige en ander lewensbehoeftes van die vigswesies op Rundu, sê mnr. Eggink.