http://www.weg.co.za/wats_nuut/storie/454

Weg werk reeds aan ’n 2012 spesiale uitgawe oor Namibië en jou insette sal waardeer word. As jy ’n Namibiese burger is wat jou land goed ken of ’n Suid-Afrikaner wat gereeld oor die grens gaan loer, laat weet ons watter plekke ons móét sien en waar ons kan eet en bly.

Vandag fokus ons op die Namib. Van Luderitz tot Torrabaai, die Khomas Hochland en die Tsarisberge. Dit is 'n harde streek maar as jy hou van duinry en hengel is dit net die plek vir jou.

Stuur asseblief jou voorstelle per e-pos na web@wegtydskrif.co.za, foto’s is welkom, maar nie noodsaaklik nie. Ons gaan jou dalk kontak vir verdere inligting en erkenning gee as ons jou inligting gebruik